Copyright © 2001-2010 Lusion Technologies. All rights reserved.
Listed in the South African Web Hosting company directory.
Die anti-rommel hulpmiddels Spam Assassin en BoxTrapper word in al ons Webspasie- of e-pos rekeninge ingesluit. Indien dit korrek opgestel word, sal hierdie hulpmiddels u toelaat om u rommel e-pos drasties te verminder, terwyl dit nooit enige regmatige e-posse sal uitwis nie. By verstek is beide sisteme gesper en al die e-posse wat na ons bediener vir u e-pos rekening gestuur word, sal na u posbus gestuur word. Dit kan vanaf die ‘Mail’ afdeling van u webspasie beheerpaneel verander word.
Spam Assassin poog om rommel e-posse te identifiseer soos wat ons bediener dit ontvang en dit volgens verskeie kenmerke vasstel wat dikwels as rommel geïdentifiseer word. Daar word aan sekere kenmerke (wat van ‘n bediener kom wat rommel uitstuur) verskillende tellings as aan ander gegee waar die kanse beter is dat hul regmatige e-posse is (byvoorbeeld indien die onderwerp met ‘koop/buy’ begin). Wanneer dit geïdentifiseer word, is dit moontlik om ‘n e-pos filter op te stel om dit outomaties uit te wis. Dit kan ook alternatiewelik ook na ‘n ander e-posbus gestuur word waardeur u kan gaan om te sien of enige regmatige e-posse foutief geïdentifiseer is.
Die BoxTrapper sisteem het ‘n ander metode om met rommel te werk, alhoewel dit baie goed met ‘n Spam Assassin benadering werk. By verstek hanteer die BoxTrapper elke e-pos adres as ‘n bron van rommel. Geen e-posse sal afgelewer word nie, behalwe die e-posse wat deur adresse gestuur word wat op u rekening gewitlys is. Wanneer ‘n adres wat nog nie gewitlys is nie, aan u ‘n e-pos stuur, antwoord BoxTrapper met ‘n e-pos en vra die versender om op die e-pos te antwoord. Indien die versender regmatig was, is dit nie ‘n kwessie om te antwoord nie en wanneer daar eenkeer beantwoord word, sal dit tot die witlys gevoeg word en alle toekomstige e-posse sal deurgaan sonder om deur rommel opgespoor te word.
Wanneer ‘n bron van rommel ‘n e-pos aan BoxTrapper stuur, word dit vasgevang, omdat die e-pos adres nie op die adres se witlys gelys is nie. Daar word ‘n e-pos aan die bron van rommel gestuur om te verifieer of dit ‘n regmatige bron is, maar omdat baie van die bronne van rommel nie die e-pos rekeninge nagaan waarvandaan die rommel gestuur word nie, word die uitdaging nooit voltooi nie en die e-pos sal nie aan u boks afgelewer word nie.
Dit is moontlik om ‘n Spam Assassin op u hoofrekening op te stel, en enige e-posse wat waarskynlik deur Spam Assassin opgespoor word, sal na ‘n BoxTrapper boks gestuur word. Dit sal outomaties vir u enige e-posse stuur wat Spam Assassin deurlaat (baie min rommel), terwyl dit wat geblok word, BoxTrapper die versender sal toelaat om te bewys dat dit nie van ‘n bron van rommel was nie.