Copyright © 2001-2010 Lusion Technologies. All rights reserved.
Listed in the South African Web Hosting company directory.
Watch this space for future media and press releases. You can find current Lusion Technologies news on our web hosting blog.
Getting your SnapBill generated invoices paid has never been so easy! SnapBill, Lusion Technologies’ free online, white label, billing and service provisioning system will be among the first South African online billing systems to seamlessly integrate PayPal, offering all SnapBill users another safe, easy way to pay and get paid online.
The Lusion Technologies team announced the exciting news hours after First National Bank (FNB) confirmed their partnership with PayPal. South African blogs and forums have been buzzing since FNB confirmed the rumors of an exclusive (for now anyway) partnership with PayPal earlier this week, as this would now allow South African PayPal users to not only pay online, but withdraw payments they have received through PayPal via their qualifying FNB personal or business current accounts.
PayPal offers online users a secure service through which to engage in online transactions, allowing users to send and receive funds from other users in any participant PayPal country. PayPal claims the platform offers a safer, easier way to pay and get paid online. The service allows anyone to pay in the way they prefer, including via credit cards, bank accounts, buyer credit or account balances, without sharing financial information like your credit card or bank account number.
The fully integrated PayPal facility will be available to all registered SnapBill users – free and premium account holders – who have a registered South African PayPal account and bank with FNB (visit the FNB website to view their conditions). All SnapBill users will be able to select PayPal as a payment method for their SnapBill generated invoices alongside the current EFT or credit card payment options.
To enable PayPal as a payment option all SnapBill users need do is go to Payment under their Setup menu, enter their PayPal user ID and click enable. As simple as that! They will then be able to accept and make payments on or for any SnapBill generated invoices via PayPal.
More than 200 million people in 190 countries and regions trust and use PayPal to send and receive money. With the integration of PayPal into the SnapBill system you can now accept payments from any PayPal user in any country for any invoice or service billed via SnapBill. Getting your SnapBill invoices paid has never been so easy!
Seamless SnapBill/PayPal integrating is set to be launched on the 1st of April 2010 - no April fools joke!
To find out more about enabling PayPal as a payment method on your SnapBill account please contact SnapBill or visit www.snapbill.com.
Issued by SnapBill.
For more information contact Jaco van Wyk on 0861 000 110.
More information on SnapBill is also available at www.snapbill.com
Die betaling van u SnapBill-gegenereerde fakture was nog nooit so maklik nie! SnapBill, Lusion Technologies se gratis aanlyn, handelsmerkaanpasbare rekening en diensverskaffingstelsel, sal onder die eerste Suid-Afrikaanse aanlynrekeningstelsels wees wat gladweg met PayPal integreer, ‘n fasiliteit wat aan SnapBill-gebruikers ‘n verdere veilige en maklike manier bied om aanlyn betalings te doen of te ontvang.
Die Lusion Technologies-span het die aankondiging gemaak enkele ure nadat Eerste Nasionale Bank (ENB) die bank se venootskap met PayPal amptelik bevestig het. Sedert ENB die gerugte van ‘n ekslusiewe (ten minste vir die huidige) venootskap met PayPal vroeër die week bevestig het, het dit op webblogs en forums gegons oor die nuwe geleenthede wat aan webgebruikers gebied word. Dit is nou vir Suid-Afrikaanse PayPal-gebruikers moontlik om nie alleen aanlynbetalings te doen nie, maar om vir die eerste keer ook betalings wat via PayPal aan hulle gemaak word na kwalifiserende persoonlike en besigheids lopende rekeninge te onttrek.
PayPal bied aan internetgebruikers ‘n veilige diens om aanlyn sake te doen. Dit stel gebruikers in staat om fondse na ander internetgebruikers in deelnemende PayPal-lande te stuur of van hulle te ontvang. PayPal maak daarop aanspraak dat die diens ‘n makliker manier bied om betalings aanlyn te doen of te ontvang. Die diens bied aan gebruikers die opsie om te betaal op die manier wat hulle verkies, insluitend met kredietkaart, elektroniese bankoordrag of deur gebruik te maak van koperskrediet of ‘n rekeningbalans, sonder die nodigheid om finansiële inligting soos kredietkaart of bankrekeningnommers oor die internet te verskaf.
Die ten volle geïntegreerde PayPal-fasiliteit is tot die beskikking van alle geregistreerde SnapBill-gebruikers – houers van beide vry en premiumrekeninge – wat ook oor ‘n geregistreerde Suid-Afrikaanse PayPal rekening beskik en wat ‘n bankrekening by ENB het (besoek die ENB webwerf om die voorwaardes wat hulle stel te sien). Alle SnapBill-gebruikers sal die keuse gebied word om PayPal as betalingsopsie vir hul SnapBill-gegenereerde fakture aan te dui, bykomend tot die huidige kredietkaart en elektroniese bankoordrag (“EFT”) opsies.
Al wat SnapBill gebruikers moet doen om PayPal as ‘n opsie van betaling te aktiveer is om na Payment in die Setup-spyskaart te gaan, hul PayPal gebruikers-ID te verskaf en op “Enable” te klik. Dit is so eenvoudig soos dit! SnapBill gebruikers sal dan betalings via PayPal kan ontvang of maak vir enige SnapBill-gegenereerde faktuur.
Meer as 200 miljoen mense in 190 lande en streke vertrou en gebruik PayPal om geld te stuur of te ontvang. Noudat PayPal met SnapBill geïntegreer is kan gebruikers van SnapBill van enige PayPal-gebruiker in enige van hierdie lande betalings ontvang vir enige faktuur of diens waarvoor ‘n rekening via SnapBill uitgestuur is. Om betaling vir SnapBill-fakture te ontvang was nog nooit makliker nie!
Seepgladde SnapBill/PayPal integrasie word geloots op 1 April 2010 – en dit is beslis nie ‘n Aprilgrap nie!
Om meer uit te vind oor hoe om PayPal as betalingsmetode tot jou SnapBill-rekeninge by te voeg, kontak asseblief SnapBill of besoek www.snapbill.com.
Uitgereik deur SnapBill.
Vir meer inligting skakel Jaco van Wyk by 0861 000 110.
Meer inligting oor SnapBill is ook beskikbaar by www.snapbill.com